Ons Vaste Fondament
Mense in ons stad het vir jare lank huise in areas waarin gereelde grondverskuiwings voorkom, gekoop en gebou . Baie was bewus van die risiko om in die gebied te woon, terwyl ander weer geen kennis van hierdie gevaar gehad het nie. Die plaaslike koerant het op 27 April 2016 berig dat baie mense, ter wille van die mooi uitsig vanaf…
Die Probleem Met Trots
Mense wat in hulle leeftyd ’n buitengewone vlak van belangrikheid of reputasie behaal, word dikwels ’n “legende in hul eie tyd” genoem. ’n Goeie vriend en professionele bofbalspeler sê egter dat hy al baie sportmanne en -vroue ontmoet het wat slegs ’n “legende in hulle eie oë” was. Hoogmoed en trots is soms geneig om die beeld wat ons van onsself sien en vorm,…
Soos ’n Kindjie
Een aand, baie jare gelede, het ons tweejarige dogtertjie ons met ’n vraag verras. Ons het pas die aandgebed afgesluit toe sy vra: “Mamma, waar is Jesus?”
Luann het geantwoord: “Jesus is in die hemel en Hy is oral, ook hier by ons. En as jy Hom uitnooi, kan Hy ook in jou hart wees.”
“Ek wil Jesus in my…
Hanteer Vertragings
’n Globale rekenaarnetwerk wat foutief raak, kan wydverspreide vertraging van vlugte veroorsaak en duisende passasiers op lughawens gestrand laat. Tydens ’n winterstorm kan veelvuldige motorongelukke tot die sluiting van hoofweë lei. Iemand belowe om “dadelik” te antwoord, maar doen dit nie. Vertragings wek dikwels woede en frustrasie, maar ons het, as navolgers van Jesus, die voorreg om na Hom op…
Strewe Na Eenheid
Tydens die 1950’s het ek nooit rassisme of die daaglikse apartheidspraktyke bevraagteken nie. Mense van verskillende velskakerings is in alle openbare sektore van die samelewing van mekaar geskei.
Toe ek in 1968 weermag toe is, het my houding verander. In ons kompanie, met jongmanne uit baie en verskillende kulturele groepe, het ons gou geleer om mekaar te verstaan, te aanvaar,…
Slegs Een Naam
Cleopatra, Galileo, Shakespeare, Elvis, Pelé. Dié persone is so bekend dat hulle slegs op ’n enkele naam geëien word. Op grond van wie hulle was en wat hulle gedoen het, het hulle prominent gebly in die geskiedenis. Tog is daar ’n ander naam wat ver bo hiérdie en elke ander naam uitstaan!
Voordat die Seun van God in hierdie wêreld…
Tye Van Voltooiing
Aan die einde van die jaar kan die las van onafgehandelde take baie swaar op ons rus. Verantwoordelikhede by die huis en by die werk lyk of dit nooit end kry nie en dit wat nie vandag afgehandel word nie, staan oor tot môre. Maar daar is tye in ons reis van geloof wanneer ons moet stilstaan en God se…
Stille Nag van die Siel
Lank voor Joseph Mohr en Franz Gruber die bekende Kerslied “Stille Nag” geskep het, het Angelus Silesius geskryf:
Kyk! In die stille nag is ’n kind tot God gebore,
En almal is gebring wat eers verlate en verlore was.
Kon maar u siel, o mens, ’n stille nag wees,
Sou God in u gebore word en alles genees.
Silesius, ’n Poolse monnik, het die gedig…
Meer As ’n Held
Terwyl die Star Wars-aanhangers gretig wag op die vrystelling van Episode 8, “The Last Jedi”, is die mense steeds besig om die merkwaardige sukses van hierdie rolprente, vanaf 1977, te ontleed. Frank Palotta, verslaggewer vir CNNMoney, meen dat Star Wars aanklank vind by baie wat uitsien na “’n nuwe hoop en ’n goeie mag op ’n tydstip wat die wêreld helde…
Die Krag Van Empatie
Wetenskaplikes het ’n pak klere (die “Space Suit”) ontwerp wat, as jy dit aantrek, jy onmiddellik 40 jaar ouer voel. Jy ondervind verswakte sig, ’n gebrek aan gehoor en verminderde beweeglikheid - (hulle noem dit “virtual reality” – feitlike werklikheid). Die pak is ontwerp om mense wat verswakte bejaardes versorg, te help om hulle pasiënte beter te verstaan. ’n Joernalis…